DRC NGK Windhoek

DRC NGK Windhoek

BEDIENINGS

Die Here gebruik ons gemeente in ‘n unieke konteks.  Dit is vir ons ‘n voorreg om diensbaar te wees en om waarde toe te voeg waar ons kan.

Ons kapasiteit is min, maar ons gewilligheid is groot!

  • Beanie-projek

Ons wil graag soveel as moontlik beanies vir die winter insamel vir straatmense en kanker-pasiente in die staatshospitale.  Ons nooi jou uit om te help brei/hekel.

  • Daaglikse brood

Daar word daagliks toebroodjies voorsien aan die naaste behoeftiges rondom die kerk.  Dankie aan almal wat brood bring en die span wat uitdeel.  Meer mense en meer brood maak die bediening wyer as die blok rondom die kerk.

  • Kos- en klere bediening

Daar is feitlik daagliks behoeftiges wat ons kerk besoek vir hulp. Ons is bevoorreg om kos en klere te kan uitdeel en nood te verlig.  Jy is welkom om enige klere, skoene, droë kos en skryfbehoeftes te bring. Ons vries ook bakkies kos vir vinnige verligting van hongerpyne.

  • Osiri vlugtelinge

Freddy Murundi is ons medewerker in Osiri.  Die toename van vlugtelinge is enorm . Ons probeer ondersteun waar moontlik.  Ook hulle vra vir klere en skoene.

Do you have old electronic equipment such as computors, laptops, printers, ext.  Please bring it to the church office.  The Computor centre at Osire will gladly take it.

  • Bediening aan Bejaardes

Die program behels dienslewering aan bejaardes, veral aan die wie se kinders nie naby woon of alleen is en hulp nodig het.  Die doel is om die bejaarde te besoek, te ondersteun en takies te doen waarmee hy of sy  sukkel.  Kontak Ds Dries 0812518088 of Elna 0812442200.

Is jy dalk self ‘n senior lidmaat  wat ‘n ondersteuningstelsel nodig het of weet jy van senior lidmate wat alleen is en spesifieke hulp nodig het.  Kontak ons asb.

  • Sopkombuis

Die Sopkombuis gee kos aan minderbevoorregtes en  straatmense op Sondae.  U kan help kos voorberei, opdien, of help met ander skenkings. Kontak Adrie 0811288914.

•         Shelter-ete vir ‘n Maandag

Ons benodig ‘n persoon wat een Maandag per maand vir die shelter inwoners ‘n ete kan voorberei.  Kontak ds Dries.