DRC NGK Windhoek

DRC NGK Windhoek

WIE IS MOEDERGEMEENTE

WIE IS MOEDERGEMEENTE

Ons is in voorneme dit eens met Paulus: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde” (1 Kor 2:2)

Die leuse van die gemeente is: Dissipels maak dissipels

Dit loop uit op die visie om ‘n Dienskneg Bediening te vestig:

Middestad bediening

Waar dissipels dissipels maak

Waar kleurvolles meertalig ‘n tuiste het

Familie gerig is

Praktiese leer-ervarings moontlik maak

‘n Saamgroei geleentheid skep

Windhoek Gemeente word soms “Moeder gemeente” genoem.

Ons dissipelskap word vervat in hierdie “moederskap”.

In ‘n verwarde onseker wêreld wil die gemeente juis ‘n moeder wees wat ‘n veilige huis vir haar kinders skep.

Haar kinders bestaan uit gelowiges en ongelowiges:

Die wat gevind het en die wat soekend is;

Hoopvolles en hooploses;

Hersteldes en gebrokenes:

Geneesdes en siekes;

Vrygemaaktes en gebindes;

Dié met inkomste en die daarsonder;

Dié met ‘n tuiste en die daarsonder;

Dié wat dink hulle verstaan en hulle wat soek om beter te verstaan;

Afhanklikes van God en middelafhanklikes

Die Moeder skep ‘n geleentheid vir kleurvolles om soekend te worstel met die Waarheid (“God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie”- Handelinge 17:27)

Die Moeder veg nie vir iets nie, maar staan vir iets: die goedheid van God.

  • Ons waardes word bepaal deur die heilige Skrif.
  • Ons ingesteldheid gedryf deur die Heilige Gees.

Windhoek, Windhoek “…. hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak … (maar julle wou nie!) – MATTEUS 23:37

Die moeder wil die ou liedjie vir haar kinders sing:

Kom tuis, kom tuis

Almal wat moeg is kom tuis

Saggies en teer klink die roepstem van Jesus

Hy roep, o sondaar kom tuis

God’s will is clear: He wants everyone to come to know Him and to be changed into the likeness of His Son. As that happens, we will see the world as Jesus saw it. His purpose will be our purpose. We will love and serve the way Jesus loved and served. Not because of any moral obligation, but because of salvation received.

The definition of disciple: a surrendered and transformed people who loves God and others. If God’s will is transformed people who love God and others, out part is the surrender – He will do the transformation.

Ons staan sover moontlik by evangelies gereformeerde Skrifdenke

Ons kies vir ‘n gereformeerde leierskapsmodel soos beskryf in Art 30 van die NGB.

VERKLARING?

Die Kerk, die NG Kerk by name, gaan deur ‘n moeilike tyd van onderskeiding. Daar word gepraat oor die invloed van “liberalisme”, vrydenkendheid en Post-Modernisme se invloed op die evangelies tradisionele kerklike uitgangspunte.

Wat die oorsake ook al mag wees, die kerk is in ‘n drukgang om bepaalde standpunte in te neem en lidmate (ander ook) wil graag hoor wat die kerk se sienings is.

Die NG Gemeente Windhoek wil graag die volgende raamwerk bepaal:

  • Mag die Here ons bewaar van verwaandheid, van oordeel en van kleingeestigheid.
  • Ons sal graag eerder wil praat van ‘n perspektief as ‘n verklaring.
  • Ons sal graag meer wil luister as om te verklaar.
  • Ons sal graag hande wil vat en saam stap.
  • As ons verklarings uitreik en uitsprake maak, doen ons dit as sondaars wat die goedheid en guns van God met uiterste respek wil hanteer.
  • Ons wil nie vasval in algemene verwysings na “Selfdegeslag verhoudings/huwelike” en algemene steriotipering van LPTQ groeperinge nie.

Ons as Kerkraad wil graag saam met elke individu, groepering of tipering die Woord van God bestudeer en Sy stem vir ‘n tyd soos hierdie hoor, want…

 “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timoteus 3:16-17)

Ter wille van die gesprek, die volgende:

“Selfdegeslag” verhoudings en huwelike

Dit is jammer dat hierdie konsep so prominent in die kerk geword het – so asof dit al is waaroor ons besorg is.

Ons gemeente hoor nie vanuit die Skrif dat selfdegeslag verhoudings en huwelike ‘n Goddelike opdrag is nie.

In terme van die groter kerklike gesprekke, verbind ons ons tot die besluit van die Namibiese sinode van 2019.

Dolering

Die kerkraad het nie gedink dat ons op hierdie stadium wil doleer nie. Ons sal graag die sinodale prosesse ‘n kans wil gee met die hantering van ‘n baie moeilike saak op die tafel.

Tog is ons dolerend, hartseer, onseker, ontwrig en ook afwagtend in hierdie tye. Ons doleer ook veral oor die volgende sake:

  • Die onreg en magsmisbruik in ons land
  • Die verskriklike honger en armmoede om ons.
  • Die hoë egskeidings syfer
  • Algemene immoraliteit
  • Die hoë vlakke van kerkloosheid en God(de)loosheid

Ons nooi elke lidmaat uit om saam luisterend die pad saam te stap.