DRC NGK Windhoek

2025-11-23 Ds Clem Marais (A)

One comment

  1. Ek luister die kommentare hier en wonder soms of ons nie makliker luister vir moontlike dwaling as vir die evangelie self nie. Ek verstaan dat dit kom uit ’n opregte begeerte om die waarheid te beskerm, maar tog kan dit gebeur dat ons mekaar begin wantrou nog voordat ons regtig die boodskap gehoor het. In hierdie lydingstyd word ons weer herinner dat die middelpunt van ons geloof nie ons eie sekerheid is nie, maar Christus. Genesis 3 wys hoe die mens self seker wil word; die kruis wys hoe God ons weer na Hom toe trek. Ons lees almal die Skrif vanuit ons eie verstaan en ons eie pad. Daarom het ons mekaar nodig – nie eerste om te verdink nie, maar om saam te luister. As Christus werklik in die middel bly, hoef ons nie ons individuele sekerheid teenoor mekaar te verdedig nie. Kom ons luister na boodskap en groei daaruit.
    Dankie Clem dat jy nie versuim om God in die middel van jou boodskap te plaas nie en ons duidelik te herhinder aan die kruisboodskap wat deur Sy lyding vir ons voorafgegaan is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *