DRC NGK Windhoek

DRC NGK Windhoek

MOEDER GESINNE

Beste Ouers

Dankie dat julle deel is van Moedergemeente.

Ons gesinne en kinders is vir ons belangrik. Ook omdat dit ‘n opdrag van God is.

Julle weet ons kinders is min en so-ook ons kapasiteite. Daarom het ons nie ‘n formele kategese stelsel nie. Ons geniet dit dat julle kinders saam met ons in die kerk is, en daarom wil ons vra dat julle as huisgesinne hulle sal help met hulle geloofgroei.

Ons stuur weekliks ‘n les/aanbieding stuur wat julle met hulle kan deurwerk.

Dalk hou almal nie altyd van die inhoud nie, maar die dissipline is vir die kinders waardevol.

Julle kan op die Playstore App “dink jeug” aflaai. Download gerus DinkJeug Families of gebruik die skakel hierbo.

Die DinkJeug program gee daagliks ‘n teks wat aansluit by die vorige Sondag te preekteks en die kategese les.

Bly asseblief met ons in kontak. Die proses is te kosbaar om mekaar te verloor.