Baie welkom by Moedergemeente

Daar is ‘n baie besondere rede waarom jy hier inskakel.
Daarom sien ons daarna uit om mekaar te ontmoet.
Jou storie is vir ons belangrik.

Ons het twee eredienste op ‘n Sondag:

Engelse diens om 08:30. Afrikaanse diens om 10:00.

Tussen die twee dienste kuier ons saam in die saal.
Daar is terselfdertyd ook ‘n Sopkombuis vir ons weerlose straatmense.

Moedergemeente is ‘n middestadsgemeente met ‘n unieke karakter waar ons ‘n Dienskneg Bediening vestig: Middestad bediening

Waar dissipels dissipels maak

Waar kleurvolles meertalig ‘n tuiste het

Familie gerig is

Praktiese leer-ervarings moontlik maak

‘n Saamgroei geleentheid skep

Jeremia 29:7 – Bevorder die belange van die stad …, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.